Ons nooi jou uit na ons 40 dae van liefde reeks elke Sondag 24 Augustus tot 28 September 2025.
Omdat God ons liefhet, wil ons op God se liefde reageer... of ons kan nie anders as om op God se liefde
te reageer nie!

Ons Tafelgesprekke begin dan ook Donderdagaand, 28 Augustus, vir ses Donderdagaande in die Artossaal.
Wat behels die tafelgesprekke? Ons eet saam en gesels om ‘n tafel oor die tema van daardie week se
40 dae, en wat dit prakties vir ons beteken.
Wie kan dit bywoon? Enige een – jonk, oud, enkel, getroud – daar sal ook toesig vir die kinders wees.
Hoeveel kos dit? R70 per persoon, per aand vir jou ete. Kinders eet gratis.
Hoe skryf ek in? Klik op die skakel hieronder om die vorm te voltooi of skakel gerus vir
Natasha by die kerkkantoor.
https://forms.gle/wM7qGpZbNr5XCFT1A

Die 40 Dae boekie sal binnekort beskikbaar gestel word.

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.