Reisigers

‘N FLIEKERVARING VIR JOU ORE

“Vier vriende spandeer hul laaste dag van skool op pad om hul eie konstellasies te trek. Jare later, vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom van aangesig tot aangesig te staan voor hul vrese en drome as jong mans.”

Louis Janse van Rensburg, gemeentelid hier in Elarduspark, het Suid Afrika se eerste vollengte ‘potgooi film’ geskryf. Vervaardig in samewerking met die gemeente kan jy ’n klomp gemeentelede se stemme ook in hierdie produksie hoor. Dit is werklik ’n besonderse fliekervaring vir jou ore. Jy kan hierdie ‘potgooi film’ op al die ‘potgooi’ toepassings en/ of op YouTube gaan luister, sowel as op die volgende skakel:
https://louis.africa/reisigers

Kontak die organiseerder

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.

Kontak die organiseerder