Wat beteken ons roeping konkreet in jou alledaagse lewe – om grense oor te steek?
Hier is ‘n projek waaraan jy asb. moet deelneem! Ons gaan vir die tydperk van een jaar kort stories bymekaarmaak waar ons lidmate op gewone maniere ‘n grens na iemand oorgesteek het. Ons wil hierdie stories graag met mekaar deel - want so kan ons by mekaar leer.

Wil jy jou storie deel? Dit hoef nie iets aardskuddend te wees nie - dis tog in die klein dinge wat ons doen, waar mens ‘n verskil maak. Jy kan jou storie anoniem, of met jou naam deel. Jy kan baie stories deel!

Jy kan:
‘n E-pos stuur aan Lieze Meiring – lieze@ngelarduspark.org.za
‘n Boodskap na die kerk se WhatsApp nommer stuur - 072 669 0863
Op ons Instagram DM
Jy kan ook jou storie in die boek by die kerk se deur skryf, of dit daar inplak.

Kontak Lieze Meiring vir meer inligting: 083 324 8236

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.