Die Kompas-bediening inisieer ‘n christelik gefundeerde program in die vorm van ‘n ondersteuningsgroep vir diegene wat in die proses van rou is, nadat hulle ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.
Tydens die program word die deelnemers bemoedig, ondersteun en bemagtig op hulle pad van genesing en hoop.
Die program bestaan uit drie elemente: video’s oor verskillende onderwerpe met betrekking tot rou; gefasiliteerde groepbesprekings en toepassing deur die deelnemers in hul individuele werkboeke.
Die program word aangebied deur twee opgeleide fasiliteerders/beraders.

Voorbeelde van temas wat hanteer word is o.a. die uitdagings van rou, hoe om te vra vir hulp en dit te aanvaar, skuldgevoelens en woede, vergifnis asook die terugkeer na 'n normale lewe.
Datum: Vanaf 20 Augustus 2024 vir 13 weke elke Dinsdagoggend 10:00-12:00
Plek: Artossaal
Registrasie en betaling: CMR kantoor - cmr@ngelarduspark.org.za
Koste: R300-00 (werkboek en ligte verversings ingesluit)
Fasiliteerders: Kenau Swart (082 357 6643) en Jolanda Pretorius (0824536783). Kontak hulle vir verdere besonderhede.
Slegs 12 plekke per program beskikbaar.
Daar word aanbeveel dat jy nie inskakel by die “Grief Share” groep binne vier maande na die afsterwe van ‘n geliefde nie.
 

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.