Voel jy uitgebrand of sommer net lus om weg te breek en saam met ander manne van die gemeente te kuier, te groei en te aanbid? Kom wees deel van die Mannekamp 2025 met die tema: Vuur & Vlam! Beleef God se teenwoordigheid en herontdek die Vlam binne jou!
Datum: 17-19 Oktober 2025
(Ons arriveer Vrydag 16:30-17:30 en vertrek Sondag na die brunch (10:00)).
Plek: Deales Rock (Bronkhorstspruit)
Kostes: R1 500 vir die naweek en dit sluit al die etes in. Betaalbaar met EFT, Snapscan, Zapper of kontant by die kerkkantoor. Gebruik die verwysing MANNEKAMP en jou NAAM.
Afsnydatum: 10 Oktober 2025.

Skryf in deur die skakel hieronder te volg:
https://forms.gle/NYo1U1VTvfQ6bUNC9 

Wat bring ek saam?
Bybel, pen, duvet, kussing, handdoek, tekkies en swembroek.



Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.