Kom verkwik jou gees, siel en liggaam met ‘n verskeidenheid heerlike spesialiteitsdrankies in ‘n rustige atmosfeer en dalk ‘n boek wat jy by die mediasentrum uitgeneem het.

Jy is ook welkom om jou skootrekenaar te bring en hier te kom sit en werk. Ons het gratis WIFI.

Die besigheidsure is Maandag tot Vrydag vanaf 08:00 tot 13:00 in die kuierarea voor die kantoor en mediasentrum.

Sondae na elke erediens gedurende skoolkwartale, is daar ‘n koffietrollie met heerlike spesialiteitsdrankies en ietsie te ete te koop by die lapa.

Gratis tee en koffie word ook na elke erediens aangebied by die eloHim toonbank asook by die lapa.

Jy kan ook gratis tee en koffie geniet by die Dieper Delf dienste en by die Jeugdienste, asook by sekere byeenkomste.

Stel jy belang om betrokke te raak by die koffiebediening waar ons spesialitetitsdrankies maak op Sondae na elke erediens?
Kom leer gerus hoe by ons volgende gratis barista opleiding.
Vul die Google vorm in: https://forms.gle/M6LeomAi8qirWfMG8
Enige een is welkom. Oud en jonk en tussenin. Bring gerus iemand saam.
Vir verdere inligting, kontak Hannelie by 0123451144 tussen 8h00 en 14h00 weeksdae of
koffie@ngelarduspark.org.za.

Raak betrokke by die Bedieningspanne of Vrywillige Barista-groep.
Ons bied gratis basiese barista-opleiding aan op elke 1ste Saterdag van ‘n kwartaal.
Hou die kalender asook Weekliks dop.

Spyskaart

Sien die spyskaart links.
Gratis WIFI is beskikbaar indien jy dit dalk nodig het tydens beurtkrag. Die wagwoord is beskikbaar by die toonbank.

Kontak eloHim Koffiewinkel met enige navrae

Stuur 'n boodskap aan Hannelie White