Saterdag 30 Augustus 2025 vier ons fees ten bate van Bybelverspreiding (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)!
Ons slaan gazebo's ("hokke") oor die hele grasperk op en braai lekker as gemeente/ gemeenskap saam!
Die Bybelgenootskap van Suid-Arika maak die afgelope 115 jaar seker dat elke persoon in Suid-Afrika toegang het tot God se Woord. Die afgelope 24 jaar hou NG Elarduspark jaarliks ‘n Hoenderbraai ten bate van die Bybelgenootskap waar al die winste aan hulle oorbetaal word. Kom kuier 30 Augustus heerlik saam en geniet kampvure wat die atmosfeer verlig. Die dag begin om 15:30 met ‘n Bybelstap en sluit ‘n voorgereg, hoofgereg en nagereg in. Al waarvoor jy sorg is jou eie drinkgoed, eetgerei en kampstoel.
Dit kos R150 per volwassene (halwe hoender) en R80 vir ‘n kind (slegs ‘n boudjie). Kom ondersteun Bybelvertaling en verspreiding op hierdie spesiale saam-kuier-dag! Sien die lys van gashere- en vroue hieronder:
[Hok 1] Amalie en Christo Scheepers [082 339 6996]
[Hok 2] Louis en Lorraine Le Grange [082 804 6943]
[Hok 3] Ronel en André Blom [082 577 6219]
[Hok 4] SPIFF Hoenders – Marini [082 928 8899]
[Hok 5] Sumari Pieterse (Almal welkom!) [062 565 1525]
[Hok 6] Veronica Mynhardt (Kinderbediening) [079 878 0671]
[Hok 7] Tibbie en Willie Odendaal [082 896 9326]
[Hok 8] Jolandie van Zyl en Nico van Zyl [Hok reeds vol]
[Hok 9] Janine en Cobus Froneman [072 365 5487]
[Hok 10] Karen Erasmus [082378 0863]
[Hok 11] Maretha en Schalk Claasen [Hok reeds vol]
[Hok 12] Alida en Jaco Keet [083 441 4074]
[Hok 13] Johann Ryan [074 586 5257]
[Hok 14] Annelien le Roux (Kleutergenot) [073 181 7735]
[Hok 15] Kobus Kruger (60+ Bediening) (Almal welkom!) [083 297 4559]
[Hok 16] Wernard van Zyl (Jongwerkendes) (Almal welkom!) [079 039 4591]
[Hok 17] Pieter Viviers (LS4) [082 550 0059]
[Hok 18] Ernie Blignaut [082 214 9203]
Program:
15:30 Bybelstap (5 km stap/ fietsry vir die kleiner kinders)
16:30 Voorgereg (heerlike hoenderworsies)
17:30 Hoofgereg - 'n halwe hoender per volwassene en 'n dytjie per kind
18:30 Nagereg (koeksisters en koffie)
Kostes:
R150 per volwassene en R80 per kind. Kaartjies kan slegs by die gashaan/ -hen van elke hok gekoop word (nie by die kerkkantoor nie). Lys van gashane/ -henne sal binnekort bekendgemaak word.
Belangrike inligting vir die gasheer/ gasvrou van elke hok/ gazebo:
Benodigehede vir hok:
Houer vir broodjies
Botter (opsioneel)
Skêr om hoender te sny (asook handskoene)
Opskeplepels
Koffie, tee, melk en suiker (opsioneel)
Gasstoof en ketel vir kookwater (opsioneel) – daar sal 'n gemeenskaplike ketel (‘urn’) beskikbaar wees waar jy slegs die warm water met flesse kan verkry (dit sal in die ingang na die Artos- en Oinossaal geplaas word.) Daar is ook elektrisiteit beskikbaar wat jy met verlengkoorde kan aanlê.
Toeknyp-rooster (braai van voorgereg)
Hout – beskikbaar vir geselsvuur
Gazebo
Moedig jou gaste aan om ‘n bak of houer te bring vir die oorskiet hoender.
Bestandele:
Worsies en koeksisters moet asb. Donderdag 28 Augustus 2025 tydens verwerking van die hoenders vanaf 15:00 afgehaal word.
Hulp:
Die gashaan/ -hen moet asb. kom help met die bewerking van die hoenders op Donderdag 28 Augustus 2025 vanaf 15:00 tot wanneer afgehandel.
BELANGRIK - op die dag van die fees:
Hou asb. “kuikens” (kinders) weg van die braaiers nadat die hoenders afgehaal is. Daar word dromme vir elke “hok” voorsien waarin slegs vuur gemaak mag word.
Alle geselsvure moet asb. geblus word voordat die gashen en gashaan die hok ontruim
'n Brandblusser sal baie handig wees indien u moontlik een het.
Alle voertuie moet vanaf 13:00 van die braai / kuier-area af verwyder wees.
Onthou slegs betaalde gaste (volwassenes en kinders) kry voorgereg, hoofgereg en nagereg.
Algemeen:
Kom ons geniet die dag en ondersteun mekaar in ons verskillende take. Baie dankie dat ons op julle kan staatmaak.
Inbetaling van hok-gelde (kontant) moet asb. so spoedig moontlik gedoen word. Die laaste inbetalings en getalle moet asb. voor of op Maandag 25 Augustus 2025 gedoen word (tye 16:00 tot 18:30) by die kerk.
Mense kan ook NG Elarduspark self EFT om betalings te vergemaklik, maar dan moet hulle die bewys van betaling na die spesifieke gasheer/ -vrou aanstuur. Hierdie bewys van betalings/ kontant moet teen 25 Augustus ingedien word om die finale getalle te bepaal. Die verwysing van die EFT betaling moet wees: bv. “Naam + HOK 14”.
Kaartjies moet Maandag 25 Augustus reeds gekoop en betaal wees by jou gashaan of -hen.
Onthou om jou eie stoel / piekniek kombers, eetgerei (beker vir koffie en drinkglas ook) en drinkgoed saam te bring.