Die sewe kruiswoorde van Jesus verwys na die laaste woorde wat Jesus aan die kruis gespreek het voor Sy dood, volgens die Evangelies in die Bybel. Hier is hulle:

Sondag 13 April – Palmsondag  (09:00) "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie." Lukas 23:34 (23:26–37) | Jesus verstaan die uitdaging van vergifnis.

Maandag 14 April (18:30) "Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees."
Lukas 23:43 (23:39–43) | Jesus verstaan berou en twyfel

Dinsdag 15 April (18:30) "Vrou, daar is jou seun" en "Daar is jou moeder."
Johannes 19:26-27 (19:26–27) | Jesus verstaan weerloosheid.

Woensdag 16 April (18:30) "My God, my God, waarom het U My verlaat?"
Matteus 27:46 & Markus 15:34 (33–39) | Jesus verstaan verlatenheid.

Donderdag 17 April Nagmaal (18:30) "Ek het dors."
Johannes 19:28 (28–29) | Jesus verstaan menswees.

Vrydag 18 April  - Goeie Vrydag (09:00) "Dit is volbring."
Johannes 19:30 | Jesus verstaan opoffering.

Sondag 20 April - Opstandingsondag (09:00) "Vader, in U hande gee Ek My gees oor."
Lukas 23:46 (44–49) | Jesus verstaan oorgawe.

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.