2-5 Junie | 18:30
Prof Piet Meiring
8 Junie: Pinksterfees | 08:00 & 10:00


Ons stap op die voetspore van ‘n paar van Jesus se volgelinge tydens hierdie jaar se Pinkster, aangebied deur
 prof. Piet Meiring. Elkeen het ‘n verhaal om te vertel van hoe die wind en die vuur van die Heilige Gees van Jerusalem tot in Rome die wêreld verander het. Elkeen vertel eers in hul eie woorde wat gebeur het – en dan kyk ons na wat ons vandag uit hulle ervaring kan leer. Op Sondag 8 Junie vier ons dan Pinksterfees soos Esegiël dit eeue tevore voorsien het - en hoe dit in Handelinge en ook vandag waar geword het.

Maandagaand 2 Junie: Lentetyd in die Jerusalem (30 nC)
Johannes Markus vertel wat in Jerusalem gebeur het, die dag toe die wind en die vuur gekom het
 (Hand 2;1-13,37-47).
 
Dinsdagaand 3 Junie: Samaria is nie ‘n gewilde adres nie (37 nC)
Uit die Argief van die Gemeente Jerusalem: korrespondensie tussen Filippus en die kerkleiding (Hand 8:1-25).

Woensdagaand 4 Junie: Filippi, waar die tronkdeure oopgewaai het (50 nC)
Lidia, die eerste Christen in Europa, se brief aan haar suster (Hand.16:1-14, Fil 3:20-21).
 
Donderdagaand 5 Junie: Uiteindelik, Rome - die hoofstad van die res van die wêreld (62 nC)
Paulus, in boeie in Rome, sê: “Dis nie die einde van die storie nie…” (Hand 28:11-31).
 
Sondagoggend 8 Junie: Die wind en die vuur in Elarduspark (2025 nC) 
Wat kan ‘n mens in Elarduspark verwag as die wind waai en die vuur brand? Dan begin die bene te beweeg! Esegiël, die profeet van ouds, het heelwat hieroor te sê (Eseg. 37:11-14).