Die Kersseisoen het aangebreek en hierdie jaar gaan ons jubelend sing oor die grootste geskenk wat ek en jy nog ooit ontvang het. God het mens geword en dit is weer tyd om Sy geboorte opnuut te vier - hierdie jaar met stemme, instrumente, en ’n jubelende hart.

Ons nooi jou uit na ons gemeente se Kerssangdiens op 24 November, 09:00 & 17:00.  Almal is welkom!

Ons is opgewonde om jou dan ook uit te nooi na ons Kersete - ’n Kersontbyt na die oggenddiens. Indien jy nie die oggend kan bywoon nie, is daar ook ’n diens om 17:00 met ’n ligte aandete na die diens.

Bestel jou ontbyt-boksie (R100) of boksie met 'n ligte aandete (R120) deur die skakel hieronder te volg:
https://forms.gle/UM6NoseXNCzw2r629

Daar sal gratis sap en koffie wees.

Albei etes sal buite aan ’n langtafel saamgeëet word en so vier ons fees oor Jesus wat vir ons gebore is.

Moet dit nie misloop nie! Kontak Maartje vir navrae maartje.vdwesthuizen@gmail.com.

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.