Eredienste

  • Daar sal ook van 10 Oktober af koffie en tee beskikbaar wees na die erediens in die koffiewinkel. 
  • Neem kennis dat eredienste vanaf 17 Oktober weer om 8:00 en 9:45 sal plaasvind
  • Die Dieper Delf dienste, jeugdienste en kinderkerk sal ook hervat word.
  • Aanlyn eredienste word steeds om 8:00 op YouTube uitgesaai.

Dieper Delf

Die leraarspan nooi jou vanaf 17 Oktober om 18:00 uit na ‘n insiggewende reeks oor die aard van die Bybel. Kom Delf Dieper en verryk so jou geloof met die skatte uit die Bybel. Hierdie reeks duur vir 6 weke. 

Woord en Wyn Aand

Die doel van hierdie geleentheid is om ‘n netwerk van jongwerkendes te skep waar ons saam kan groei en mekaar beter leer ken. Almal is welkom!
Wanneer: 21 Oktober 2021
Hoe laat: 18:30 tot 21:00
Waar: Artossaal
Kinders welkom, toesig sal voorsien word.

Doopkursus

Ons volgende doopkursus is vir 3 Donderdagaande van 21 Okt – 4 Nov om 19:00 in die Blousaal. Al drie hierdie sessies is verpligtend. Vir enige navrae en inskrywings, kontak gerus vir ds. Maartje by maartje.vdwesthuizen@gmail.com. 

Vir meer inligting, lees ons Weeklikse nuusbrief hier.

Koop 'n geskenk aan 'n minderbevorregte kind. As jy aan die projek wil deelneem, kan jy op Sondag 17 Oktober by enige van die dienste jou naam op ons naamlys plaas. Jy ontvang dan `n koevert met verdere instruksies van die projek. Vir meer inligting kan jy `n e-pos stuur aan nikita@ngelarduspark.org.za.