Huweliksbevestiging
NG Elarduspark bied troues aan asook troufasiliteite. Jy kan meer lees onder fasiliteite oor die huur en gebruik van die kompleks. Jy kan ook ‘n lys van orreliste, ander diensverskaffers, ens. by die koster kry.
Die beskikbaarheid van die leraars is onderhewig aan die beskikbaarheid in hulle dagboeke. Reël dus vroegtydig met die betrokke leraar vir ‘n datum en tyd. Daar word ook verwag dat die paartjie wat trou die huweliksvoorbereidingskursus by Dr. Lieze Meiring sal deurloop. Hiervoor kan Amanda Venter by die kerkkantoor geskakel word (012 345 1144).

Dokumentasie
Julle het die volgende met julle eerste afspraak by die dominee nodig om te begin om die huweliksregister solank in te vul:
- Oorspronklike, gewaarmerkte afskrif van Identiteitsdokument van bruidegom en bruid, asook oorspronklike, gewaarmerkte afskrifte van die 2 getuies se Identiteitsdokumente (wat as getuies op die troudag in die huweliksregister gaan teken).
- 3 identiteitfoto’s van die bruidegom, asook van die bruid.
- Indien julle met “Huweliksvoorwaardes” trou, bring asseblief ‘n oorspronklike prokureursbrief (met notaris se stempel) as bewys dat julle so ‘n huweliksvoorwaardekontrak het.
- As voorheen getroud [geskei/weduwee/wewenaar] bring asseblief nie ‘n gewaarmerkte afskrif van egskeidingsbevel/doodsertifikaat saam vir die eerste ontmoeting.
- Die betrokke leraar sal met julle oor die verloop van die seremonie gesels. Maak asseblief by hom of haar seker oor die behoefte aan ‘n mikrofoon en enige ander behoeftes wat met die verloop van die seremonie gepaard gaan.