Ons gemeente se  40 Dae van Toewyding  begin 18 Augustus elke Sondag tot 15 September.
Kyk gerus na die volgende video vir meer inligting:
https://youtu.be/vK1MHlHM-9A

Die 40 Dae boekie sal vanaf Woensdag 14 Augustus by die kerkkantoor beskikbaar wees teen R30. Jy is ook welkom om die boekiehieronder af te laai:

40 Dae Tafelgesprekke

Kom kuier, ontmoet nuwe mense en eet saam!

Ons nooi jou uit na ons tafelgesprekke wat  22 Augustus begin -  elke Donderdagaand om 19:00 in die Artossaal tot 19 September . Ons gaan ‘n ligte aandete eet, terwyl ons om tafels gesels oor die tema: “Hoe God herstel in ons lewens bring”. Jy kan alleen kom, of jy kan jou kleingroep, vriende en familie saambring. Daar sal toesig vir jou kinders wees.  Die koste is R60 per persoon per aand (5 Donderdagaande) + R30 vir die boekie. Kinders kan gratis eet - dui asseblief aan of jy jou kinders bring. Indien jy deel wil wees van die span wat help om alles glad te laat verloop, kontak asb. vir Lieze Meiring (lieze@ngelarduspark.org.za).


Skryf in deur die volgende skakel te volg:
https://forms.gle/8w7xixSJdTwJTx5ZA

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.