Voel julle ook dis weer tyd vir bietjie opwinding? Hou dan die naweek van 3-5 Mei 2024 oop en kom geniet ‘n hele naweek van opwinding tydens ons jaarlikse Warm-Winterfees!

Vrydag: Feeskonsert + Nagmark
Saterdag: Pretdraf + Basaar
Sondag: Feesdiens

Kaartjies vir ons Feeskonsert is NOU beskikbaar, klik op die volgende skakel: https://itickets.co.za/register/new/478457. Ons skop hierdie jaar se Warm-Winterfees af met 'n “Night at the movies” konsert. Kom geniet hierdie treffers uit rolprente saam met ons! Maak dan ook gerus ‘n draai by ons gewilde nagmark.

Volg die skakel hieronder na die Pretdraf se inskrywingsvorm:
https://forms.gle/qQpmthHiQgv4kH5VA

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.