Ons nooi elke vrou na die Vrouebiddag-ontbyt 2 Maart om 08:00 in die kerkgebou. Ons is bevoorreg om hierdie jaar na ds. Melissa van Biljon te luister. Melissa is ‘n leraar by Mosaiek gemeente in Johannesburg. Sy het ‘n passie vir geestelike formasie en leierskap. Sy lei ook gereeld eredienste op kykNET. Ons begin in die kerkgebou en gaan na die tyd saam piekniek hou in die tuinarea langs die kerk. Die kostes is R80 per vrou. Jy kan jou kaartjie by Sonya by die kerkkantoor koop of die skakel hieronder volg om jou plek te bespreek:
https://forms.gle/144V51UCV4heRpz4A

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.