Die 3-dag opleiding in basiese gesondheidsorg word weer op 31 Julie, 1 & 2 Augustus 2024 aangebied.
Die kursus bemagtig mense met kennis en vaardighede rakende basiese gesondheidsaspekte (met die fokus op die ouer- /bejaarde persoon of pasiënt),
asook persoonsvaardighede wat van ‘n versorger verwag word. Die kursus beklemtoon praktiese uitvoering van take.
Daarom word ‘n maksimum van slegs 8 persone per opleidingsessie geakkommodeer.

Kontak Kenau Swart (082 357 6643) vir verdere inligting en ‘n registrasievorm.
Registrasiefooi: R450-00 per persoon. Dit sluit leermateriaal en ligte verversings in.

Laai die registrasievorm hieronder af:

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.