Voel jy uitgebrand of sommer net lus om weg te breek en saam met ander manne van die gemeente te kuier, te groei en te aanbid?  Wees deel van die Mannekamp met die tema: Vuur & Vlam! Kom beleef God se teenwoordigheid, herontdek die Vlam binne jou en verlig jou verhouding met jou lewensmaat, asook ander mense om jou!

Datum: 9-11 Augustus 2024 - Ons arriveer Vrydag 16:30-17:30 en vertrek Sondag na "brunch" (10:00).
Plek: Effata kampterrein (-24.84573794597132, 28.5816895907084) naby Modimolle (Nylstroom)
Kostes: R1050 vir die naweek en dit sluit al die etes in. Betaalbaar met EFT, Snapscan, Zapper of kontant by die kerkkantoor. Gebruik die verwysing MANNEKAMP en jou NAAM.
Afsnydatum: 28 Julie 2024

Volg die skakel hieronder om in te skryf:
https://forms.gle/LvH4Nj9nSM3HMSSo9

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.