Daarom, hou moed, manne! Ek vertrou op God dat alles net so sal gebeur soos Hy vir my gesê het.
Handelinge 27:25
Die Manne van die Woord is die hartklop van die Mannebediening. Hier is plek vir elke man in ons gemeente en gemeenskap. Hier is 'n veilige ruimte waar jy jouself kan wees en saam met ander manne ons opgestaande Here Jesus Christus volg.



Ons Ontmoetingsgeleenthede
Woendaeoggende
5:45-6:30 in die Artossaal
Saterdaeoggende
5:45-6:30 in die Artossaal
Wat jy kan verwag
Wees verbind
Ons kry 'n koffie wat reeds regstaan. Ons sit almal in 'n groot kring en aanbid die Here saam deur liedere saam te sing en te bid. Ons lees die teks vir die dag vanuit Eenjaarbybel (dit is 'n gewone Bybel wat net met 'n jaarlikse leesrooster ingedeel is - jy kan jou eie Bybel net saam bring, ongeag die vertaling). Ons deel met mekaar wat ons by God hoor. Ons maak dit prakties op ons lewens van toepassing. Ons ondersteun mekaar deur saam te bid en af te sluit.
Waarderende Gesprek saam met die kerkraad van NG Elarduspark
Op 7 Februarie 2023 het die kerkraad gesprek gevoer met die Manne van die Woord. Jy kan die verslag hier aflaai.