Ons Ignite Jongwerkende bediening nooi alle jongwerkendes uit na ons volgende event op 23 Mei hier by die kerk. Ons gaan braai, maar met ’n draai! Klik hier om in te skryf: https://forms.gle/KMDSWwb4LDeaaKFc9Die aand begin 18:00 vir 18:30. Kom braai saam ! Ons hoop om soveel as moontlik van julle te sien.

Hoe gaan dit werk: Die tema vir die aand is ‘Braaibroodjies’. Ons voorsien brood, kaas en botter vir elke span. Jou span is verantwoordelik vir die res en vir die mooi maak van jou stasie. Almal bedien en sny die ‘Braaibroodjies’ op in stukke sodat almal kan proe en vir jou span ‘n punt uit 5 kan gee. Dink buite die boks - jy is welkom om vleis of enige ander ding op jou ‘Braaibroodjies’ te sit om te kyk of jou span die ‘Kom ons braai’ kampioene kan wees. Daar sal lekker pryse wees vir die span wat wen.

Koste: R50 per persoon. 

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.