Doop by NG Elarduspark
Hoe werk dit as jy wil doop by NG Elarduspark?
By NG Elarduspark vorm die doop die kern van ons gemeente se teologie en daarom doen ons baie moeite om doopouers toe te rus en te begelei.
By die doop praat God eerste. Hy kies ons en ons kinders net soos ons is. 'n Mens sou kon sê God plaas Sy liefde, genade en verlossing in ons hand en maak 'n belofte dat Hy by ons is, al wat ons moet doen is om hierdie gawes vir onsself toe te eien. By die doop gee ons vir elke baba 'n vashou kruisie. Hierdie kruisie simboliseer God wat al hierdie gawes in ons hand plaas en ons kan dit net vashou en daaruit leef.

Die doop vertel ons ook wie God is. God is 'n liefdevolle en genadige God wat almal insluit in sy verbond. Die feit dat 'n baba nie kan verstaan as hy of sy gedoop word nie, sê ook iets van die onvoorwaardelikheid van God wat ons kies.
By die doop kry die ouers ook 'n geleenheid om 'n belofte te maak dat hulle hul kind van God sal vertel en so sal lewe dat hulle kinders die Here sal kies. By NG Elarduspark wil ons ouers toerus om dit te doen en daarom leer ons by die doopkursus ook nuwe geloofsgewoontes om ouers toe te rus om hulle kinders van die Here te leer.
Ons praat in ons gemeente van Huisgeloof. Huisgeloof gaan daaroor dat geloof primêr by die huis gevorm word, maar dat die kerk die ouers se hande wil vat op hierdie reis en hulle help met toerusting vir geloofsvorming.

Doopkursus
- Ouers wat vir die eerste keer doop moet die doopkursus bywoon. Indien 'n tweede of derde baba gedoop word, kan daar net 'n doopvorm ingevul word.
- Die doopkursus word 1 keer per kwartaal aangebied (1, 8 en 15 Februarie 2024) en strek oor 3 Donderdae aande van 19:00-20:30 in die Blousaal. Al 3 Donderdae moet bygewoon word. Baba ‘s moet verkieslik by 'n oppasser gelos word, maar indien daar dit nie werk nie, kan hulle saam gebring word.
- Jy kan jou naam opsit vir die kursus by Ds. Maartje deur 'n epos te stuur na maartje@ngelarduspark.org.za of na Sonya by kerkkantoor@ngelarduspark.org.za
- Hou die afkondigings dop vir die datums vir elke kwartaal se kursus.

Doopvorm
Dit moet ingevul word en na Alida by data@ngelarduspark.org.za gestuur word.
Dit moet ingevul word en na Alida by data@ngelarduspark.org.za gestuur word.
Doopbesoek
Voor elke doop word die ouers deur een van die predikante besoek. Die predikant sal met jou 'n afspraak maak, sodra hulle die doopvorm gekry het en daar 'n datum vir die doop vasgemaak is. Die doel van die besoek is om saam te kuier, maar dit is ook 'n geleentheid vir die ouers om vrae te vra en te gesels oor die doop.

Doopdatum
Ons doop elke eerste Sondag van die maand.
Gewoonlik word daar by die 9:45 diens gedoop, maar ouers kan ook vra om 8:00 te doop indien hulle dit verkies.
Gewoonlik word daar by die 9:45 diens gedoop, maar ouers kan ook vra om 8:00 te doop indien hulle dit verkies.
Kontak ds. Maartje van der Westhuizen
Stuur 'n boodskap aan Ds. Maartje van der Westhuizen om meer uit te vind oor die doop of kontak haar by +27 (72) 375 3965